SLUIT OOP DIE HEKKE
As jou hart verlang na volmaaktheid
Hou op met eie veroordeling
Delf in jou siel
Jy is meer werd, as wat jy dink, jy verdien
Sluit oop, die hekke van onstuimige herinneringe
Jy’s in lyding opgesluit
Kry perspektief van hoop
Jou bestaan is nie, leë ruimtes wat gevul moet word
Moenie dat jou gevoelens in onmag verval
Sluit oop die hekke
Geluk en seer, lê vlak bymekaar
Sluit oop die hekke
Geluk sal jou besoek
Hou op angstig daarna hunker
Die trane en hartseer sal sagweg verby sluip
Sluit oop die hekke en gooi die sleutel oorboord


|